logo112.jpg

SA Gemeente / Congregation Londen

Added by sagemeente

0 reviews

Listed in Music Venues Events, Social Online SA Clubs, Spiritual Religious Groups


WELKOM

Welkom by SA Gemeente Londen. Ons dienste is 09:30 op Sondae oggende. Vir enige iets anders, kontak ons gerus op 020 7353 6124 of op info@sagemeente.com.

Selgroepe is die hartklop van ons Gemeente. Dit is hier waar ons mekaar ondersteun, geestelik groei, die Bybel bestudeer, vir mekaar sorg en deur ons liefde vir mekaar vir die wêreld wys dat ons Jesus se dissipels is. Skakel gerus in by ‘n Selgroep!

The “SA Gemeente” (SA Congregation) is a reformed church of mostly South Africans resident in the United Kingdom. Our confessional basis is the three Reformed Ecumenical Articles. People from different denominations and nationalities are welcome and form part of our church.

IS JY ‘N MAMMA MET ‘N BABA?

Raak deel van ‘n mammagroepie in jou omgewing of help ons om ‘n groepie te begin. Dalk weet jy van ‘n paar mamma’s in jou area wat sal wil inskakel of dalk is jy net lus om deel te word van ‘n groep mamma’s wat saamkuier/deel en bid.

WAT BEHELS DIT?

TYD

Kies ‘n oggend in die week om saam te kuier, bid, deel, leer, lag en speel!

HOE RIG ONS DIE OGGEND IN?

·Elkeen deel sy hoogte en laagtepunte vir die week

·Gebedsversoeke word met mekaar gedeel

·Lekker tyd vir gebed … wat soms sommer so oop-oë gebeur as mens keer en vashou en speelgoed red…

·Teedrink, ietsie eet & kuier

MAMMA EN BABAGROEPIES TANS IN:

·Eltham

·Wimbledon

·Basildon

Add Your Review

Please login or register to add your review.

SAFFA Geo directory, Hotel and Business Directory, managed by SAFFA.
Skip to toolbar