SA wen 36ste keer goud op die Chelsea-blommeskou in Londen

Suid-Afrika het Dinsdag vir die 36ste keer goud op die Chelsea-blommeskou in Londen, Engeland, gewen. Die Kirstenbosch-nasionale botaniese tuin se bekroonde uitstalling op die Royal Horticultural Society se Chelsea-blommeskou is deur Leon Kluge ontwerp, sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biodiversiteit (Sanbi) in ’n verklaring. Kluge sê dit was ’n ervaring soos min om Suid-Afrika daar te kon verteenwoordig. “Om ’n toekenning te ontvang, is ’n bonus. Ek en my span hoop ons het Suid-Afrika trots gemaak en dat ons baie mense hier in Europa oortuig het om ons pragtige land te besoek,” sê Kluge in die verklaring. Leon Kluge, tuinontwerper, by die Suid-Afrikaanse uitstalling met die tema “ikoniese landskappe” by die Chelsea-blommeskou in Londen, Engeland. Die Suid-Afrikaanse uitstalling het ’n goue medalje verower. Foto: Facebook Kluge het die leisels vanjaar by die ontwerpers David Davidson en Raymond Hudson oorgeneem wat die Suid-Afrikaanse uitstalling op die skou die afgelo…
Read more
  • 0