SA rugbyspeler vir hoë Engelse toekening benoem

ʼn Speler wat vir Suid-Afrika se naasbestes uitgedraf het, voor hy sy rugbyheil in Engeland gaan soek het, is vir ʼn hoë Engelse toekenning benoem. Ruan Ackermann (22), die seun van die Springbok Johann Ackermann, is een van vyf spelers op die lys waaruit die toekenning vir die Premierliga se vonds van die jaar gedoen sal word. Hy speel vir die klub Gloucester, wat deur sy pa afgerig word. Ackermann jr., wat deur sommige as ʼn toekomstige Engelse toetsspeler beskou word, is glo een van die gunstelinge om die toekenning te wen. Hy het reeds vier wedstryde vir die Barbarians gespeel – onder meer teen die Springbokke (2016) en die All Blacks (2017) – en het verlede jaar twee wedstryde vir Suid-Afrika A gespeel.
Read more
  • 0